# Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer, Donald Selamolela, het die Departement van Vervoer se skoon oudit vir die 2024/25 boekjaar verwelkom. Selamolela sê die mylpaal is ‘n sterk fondament vir verbeterde dienslewering en openbare verantwoordbaarheid. Hy het amptenare geprys oor die deursigtigheid van beide prestasie en uitgawes. Hy het egter beklemtoon die ouditsukses moet nou bevestig word deur betroubare, doeltreffende en bekostigbare openbare vervoer, veral vir arm Suid-Afrikaners.
Parlement sê eerste skoon oudit vir Vervoer in 31-jaar is sterk fondament vir verantwoordbaarheid