# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie sê vertragings in gevolgebestuur by die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verswak openbare vertroue en ondermyn interne dissipline. Opod het ‘n agterstand van 14-duisend-469 sake waarby polisiebeamptes betrek word, met aanklagte wat insluit sterftes in aanhouding, marteling en korrupsie. Die voorsitter van die komitee, Ian Cameron, sê die bykomende befondsing van 126,3-miljoen-rand oor die mediumtermyn sal hopelik aansienlik bydra tot die vermindering van die agterstand.
Parlement sê die agterstand met OPOD sake van meer as 14-duisend verswak openbare vertroue