# Die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die polisiediens ondersoek, het stappe gedoen om verwarring rondom die getuielys op te klaar. Dit volg na berigte dat ‘n dagvaarding uitgereik is vir die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, om volgende week voor die komitee te verskyn. Die voorsitter van die komitee, Molapi Lekganyane, sê hulle het slegs moontlike getuies genader om hulle beskikbaarheid na te gaan en te verseker dat hulle toegang tot regsadvies het. Hy voeg by dat ‘n finale besluit oor die lys van getuies gesamentlik deur die volle komitee geneem sal word.
Parlement se ad hoc-ondersoekkomitee na korrupsie in die SAPD klaar getuielys op