# Die Parlement sê daar is geen vertragings in die Phala Phala-ampsklagproses teen president Cyril Ramaphosa nie. News24 berig die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Masibulele Xaso, het aan lede van die Parlement gesê die proses vorder volgens plan. Die ampsklagkomitee het verlede week sy eerste vergadering gehou en Makashule Gana van Rise Mzansi tot voorsitter verkies. Die Reëlskomitee het die konsepreëls terugverwys vir duidelikheid oor wie op die komitee mag dien. Xaso hou vol die proses sal voortgaan tensy ‘n hof anders beslis:
Parlement hou vol daar is geen vertragings in Phala Phala-ampsklagproses nie