Skip to content

Parlement gaan aandag skenk aan spookwerkers en korrupte opvoedersposte

# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee op die Staatsdiens, Jan de Villiers, sê spookwerkers en die onwettige verkoop van poste sal nie geduld word nie. Die komitee vra die Departement van Basiese Onderwys sowel as provinsiale departemente om rekenskap te gee van wat gedoen is sedert die Volmink-verslag van 2016. De Villiers bevestig die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys sal teen Oktober opvoeders landwyd nagaan. Hy beklemtoon spookwerkers en korrupsie sal uitgeroei word en die geld sal na klaskamers, hospitale en gemeenskappe herlei word.