# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het ‘n onafhanklike ondersoek gelas na bewerings van rassevooroordeel in die nasienproses aan die Universiteit van Kaapstad. ‘n Voormalige departementshoof aan die fakulteit Maatskaplike Ontwikkeling beweer dosente het wit studente hoër punte gegee terwyl hulle swart studente benadeel. Die Universiteit van Kaapstad sê ‘n interne ondersoek is aan die gang, maar die voorsitter van die komitee, Tebogo Letsie, dring aan op ‘n onafhanklike forensiese ondersoek vir deursigtigheid met gevolge vir diegene wat skuldig bevind word.