Skip to content

Papa Penny bedank uit MK-party en Parlement

# Die Suid-Afrikaanse musikant en Parlementslid van die MK-party, Gezane Kobane, ook bekend as Papa Penny, het uit die Parlement en die MK-party bedank. Die Shangaan Disco-koning het in ‘n bedankingsbrief aan partyleier Jacob Zuma, interne aanvalle, laster en verkleinering deur provinsiale leiers in Limpopo as redes aangevoer. Kobane sê dit het sy waardigheid en naam wat oor dekades opgebou is, geskaad. Hy het Zuma bedank vir die geleentheid omte kon dien en hulle sterkte toegewens. Hy het in 2024 by die party aangesluit.