# Pakistan se regering betwis ‘n bevel van die Hooggeregshof om die gevange voormalige eerste minister, Imran Khan, na ‘n privaat hospitaal te verskuif vir mediese behandeling. Die hof het gelas die 73-jarige moet binne twee dae van die Adiala-gevangenis na die Shifa Internasionale Hospitaal in Islamabad oorgeplaas word weens kommer oor sy gesondheid. Die regering voer aan veroordeelde gevangenes moet behandeling ontvang in die tronk of in ‘n openbare hospitaal. Khan se regspan sê hy het aansienlike sigverlies in sy regteroog.
Pakistanse regering betwis Imran Khan se verskuiwing na hospitaal