# Pakistan sê hy het “betroubare inligting” ontvang dat Indië ’n militêre aanval beplan, en het belowe om terug te slaan. Dit terwyl kommer oor eskalerende konflik toeneem ná ’n dodelike aanval in Kasjmir. Verhoudings tussen die bure, wat albei kernwapens het, het verder verswak nadat Nieu-Delhi vir Pakistan beskuldig het van laasweek se aanval op toeriste. Dit was die dodelikste aanval op burgerlikes in ’n kwarteeu in dié gebied. Indië se Eerste Minister, Narendra Modi het tydens ’n geslote vergadering die weermag “volle operasionele vryheid” gegee om op die aanval te reageer.
Pakistan sê hy het betroubare inligting dat Indië ‘n aanval beplan