Skip to content

Pakistan kondig noodtoestand af in Khan se magsbasis

# Die regering van Pakistan het die hoofminister van ‘n provinsie onder beheer van die voormalige eerste minister Imran Khan in hegtenis geneem nadat ‘n noodreël ingestel is. Khan is tans in die tronk. Reuters berig die minister van Binnelandse Sake, Talal Chaudhry, het gister bevestig Sohail Afridi en ander kabinetslede is in voorkomende aanhouding. President Asif Ali Zardari het die noodtoestand afgekondig na aanleiding van veiligheidsoorwegings en mislukte pogings om militante geweld aan te spreek. Khan se party verwerp die stap en sê dis ‘n aanval op demokrasie. Die optrede kom te midde van beplande protesoptogte om Khan se vrylating te eis.