# Pakistan se eerste minister, Shehbaz Sharif, het belowe om terug te slaan ná Indië se dodelike missielaanval op sy land. Minstens 31 burgerlikes is dood en 46 gewond toe Indië missielaanvalle op Pakistan en Pakistan-geadministreerde dele van Kasjmir geloods het. Indië sê die aanvalle was ‘n direkte vergelding vir ‘n aanval in hul geadministreerde dele van Kasjmir laat verlede maand, waarin militante 25 Hindoe-toeriste en hul gids dood is. Indië en Pakistan maak albei aanspraak op Kasjmir. Sharif sê hy het die weermag gemagtig om die land se soewereiniteit te verdedig.
Pakistan beloof om te reageer op Indië se dodelike missielaanvalle