# Padwedlope: Wêreld-Atletiek het aangekondig dat vanjaar se Padwedloopkampioenskap gekanselleer is, ‘n maand nadat dit van die oorspronklike gasheerstad, San Diego in Amerika, verskuif is. Die bestuursliggaam sê hy het gesprek gevoer met ‘n aantal potensiële alternatiewe gasheerstede, maar besluit om die byeenkoms te kanselleer omdat daar nie genoeg tyd is vir noodsaaklike beplanning en voorbereiding vir elite- sowel as massa-wedlope nie. Die volgende kampioenskap sal nou in September volgende jaar in Kopenhagen, Denemarke, gehou word.
Padwedlope: Wêreld-Atletiek kanselleer 2025 se Padwedloopkampioenskap