# Padwedlope: Meer as 18-duisend atlete gaan na verwagting deelneem aan die 31ste Gun Run wat die naweek in Kaapstad plaasvind. Môre se wedlope behels ‘n landloop oor 17-kilometer vanaf Oranjezicht en korter wedlope vanaf Groenpunt, terwyl die halfmarathon oor 21,1-kilometer Sondag deur Groenpunt, Seepunt, Kampsbaai en Clifton sal kronkel. Padsluitings sal verskeie gebiede raak tussen vyf-uur en elf-uur soggens. Die stad moedig motoriste aan om versigtig te beplan en wens alle drawwers ‘n veilige, suksesvolle wedloop toe.
Padwedlope: Stad Kaapstad kondig padsluitings aan vir Gun Run-naweek