# Padwedlope: Net meer as 21-duisend-600 atlete het vanoggend net na 5uur in die pad geval vir die 2026 Comrades Marathon “op”-wedloop van Durban na Pietermaritzburg. Die uitmergelende wedloop van 85.77-kilometer vind plaas onder gunstige weersomstandighede. Felle mededinging word in die manswedloop verwag met die verdedigende kampioen Tete Dijana wat sterk teenstand van die driemalige wenner Piet Wiersma en ander top-aanspraakmakers kan verwag. In die vrouewedloop is Gerda Steyn die oorweldigende gunsteling en op soek na haar vierde agtereenvolgende Comrades-titel. Wenners in albei kategorieë sal prysgeld van 925-duisend-rand verdien.
Padwedlope: Opwinding bou op met begin van Comrades Marathon