# Padwedlope: ’n Nuwe wêreldrekord is Sondag in die vooruitsig in die Londense Marathon. Die huidige rekord is vroeër die maand in die Paryse Marathon opgestel toe 56-duisend-950 atlete die wedloop klaargemaak het, terwyl meer as 55-duisend atlete in verlede jaar se New Yorkse Marathon gehardloop het. Sondag se roete begin by Greenwichpark en eindig op die Londense Mall net verby Buckingham-paleis. Langs die pad kan drawwers ander beroemde bakens soos die Toringbrug en Big Ben in die Britse hoofstad bewonder.
Padwedlope: ‘n Nuwe marathon-wêreldrekord is Sondag in die vooruitsig in Londen