Skip to content

Padwedlope: Mandela-marathon stel ambassadeurs bekend

# Padwedlope: Die Nelson Mandela-stigting het ambassadeurs vir die Mandela-marathon tydens ‘n seremonie in Kaapstad bekend gestel. Hulle sluit in die Keniaanse marathonlegende Catherine Ndereba, voormalige wêreldrekordhouer Paul Tergat, en die Suid-Afrikaanse langafstandkampioen Prudence Seokgodiso. Die voormalige New York en Mumbai-marathonwenner Hendrick Ramaala is ook ‘n ambassadeur. Die wedlope op 18 Oktober in Kaapstad sal vyf-, tien-, 21- en 42,2-kilometer wedlope insluit. Organiseerders sê die marathon bevorder Madiba se waardes van eenheid en maatskaplike geregtigheid.