# Padwedlope: John Korir en Sharon Lokedi van Kenia het hul titels suksesvol verdedig in die Boston-marathon in Amerika. Korir het die manswedloop gewen in ‘n byeenkoms-rekord van twee-uur-een-minuut-52-sekondes, terwyl Lokedi die vrouewedloop ingepalm het in twee uur-18-minute-51-sekondes. Albei het teen Heartbreak Hill hul pas verhaas om oortuigende oorwinnings te verseker. Dis die eerste keer sedert 1996 dat albei kampioene hul titels behou, met Kenia wat die vrouepodium die eerste keer ooit oorheers het.
Padwedlope: Keniaanse sterre oorheers die Boston-marathon en verdedig hulle titels