# Padwedlope: Kaapstad is ingesluit in die Wêreldmarathonreeks – die eerste wedloop in Afrika wat erkenning kry en die agste wêreldwyd. Vanjaar se geleentheid op 24 Mei was die laaste beoordelings-fase. Die Moederstad sluit aan by Tokio in Japan, Boston, Chicago en New York in Amerika, die Britse hoofstad, Londen, Sydney in Australië en die Duitse hoofstad, Berlyn. Die reeks se uitvoerende hoof, Dawna Stone, sê Kaapstad se unieke kultuur, verwelkomende inwoners en wonderlike natuurskoon bied ‘n heel nuwe ervaring.
Padwedlope: Kaapstad sluit by sewe ander stede aan in Wêreldmarathonreeks