# Padwedlope: Die Kaapstad 10K vind vandag vir die tiende keer plaas en ongeveer 15-duisend mense sal die strate van Woodbridge-eiland in Milnerton tot Laer Langstraat in die middestad invaar. Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê atlete sal ikoniese uitsigte oor Tafelberg geniet terwyl hulle langs die kuslyn, op die N1 en in die energieke stadskom draf. Die wedloop begin om 9-uur vanoggend:
Padwedlope: Kaapstad 10K vier vandag sy 10de uitgawe wedloop [KLANK]
AFR JPon10KCelebrates