# Oxfam sê die voorsiening van hulp deur lugsteun en ‘n paar vragmotors sal nie maande van gemanipuleerde hongersnood in Gaza ongedaan maak nie. Israel, Jordanië en die Verenigde Arabiese Emirate het oor die naweek hulp in Gaza afgelewer. Die metode is deur humanitêre groepe gekritiseer as duur, ondoeltreffend en gevaarlik. Israelse magte het volgens berigte die afgelope tyd meer as ‘n duisend mense wat kos soek se dood veroorsaak. Oxfam sê alle ingange moet onmiddellik geopen word gevolg deur volle, ongehinderde en veilige hulpverlening regoor Gaza, tesame met ‘n permanente skietstilstand.
Oxfam sê lugsteun is nie voldoende om krisis in Gaza aan te spreek nie