# Die OVK het bewerings op sosiale media verwerp dat verkiesingsuitslae in Wyke 4 en 23 van die Emalahleni-munisipaliteit in Mpumalanga teruggehou word omdat die aantal stembriewe meer is as die aantal geregistreerde kiesers. Die adjunkhoofverkiesingsbeampte, Masego Sheburi, sê die stempersentasie in albei wyke was effens meer as 50-persent. Die Kommissie het ook bewerings verwerp dat ‘n munisipale amptenaar vier keer gestem het. Die kieser is aanvanklik by die verkeerde stemdistrik geskandeer, waarna hy na die regte een verwys is.
OVK verwerp sosialemediabewerings oor onreëlmatighede in Mpumalanga-verkiesingsuitslae