Skip to content

OVK se jongste verslag oor politieke skenkings toon ANC ontvang R7-miljoen

# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het politieke skenkings vir die 2024/2025-boekjaar se vierde kwartaal bekendgemaak. Die totale waarde van verklaarde skenkings beloop 14,18-miljoen-rand. Van 1 Januarie tot 31 Maart 2025 het die ANC 7-miljoen-rand ontvang: vier-miljoen-rand van Chancellor House Trust en drie-miljoen van Naspers Limited. Die DA het 6,2-miljoen-rand ontvang en ActionSA een-miljoen-rand. Die OVK sê hy verwag die skenkings sal toeneem in aanloop tot volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesings.