Skip to content

OVK ontvang meer as 700 klagtes oor verkiesingsinhoud

# Die Verkiesingskommissie het meer as 700 klagtes ontvang oor verkiesingsverwante inhoud voor volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing. Die meeste hou verband met plasings op X. Hoofverkiesingsbeampte Sy Mamabolo sê sommige behels die ongemagtigde gebruik van foto’s deur kunsmatige intelligensie geskep, maar het nog nie die verkiesingsomgewing noemenswaardig ontwrig nie. Die OVK het ‘n ooreenkoms met Google, Meta, Microsoft, TikTok en Moxii Africa gesluit om waninligting te bekamp. Mamabolo sê oortredings kan lei tot boetes van 200-duisend-rand, tronkstraf van vyf tot tien jaar of die deregistrasie van kandidate of partye.