Skip to content

OVK beklemtoon onafhanklike media as grondliggende pilaar vir vrye en regverdige verkiesing

# Die Verkiesingskommissie sê ‘n onverhinderde, onafhanklike media is ‘n grondliggende pilaar van vrye en regverdige verkiesings. Artikel 8 van die Verkiesingsgedragskode sit die streng verhouding tussen politieke partye, kandidate en die nuusmedia ondubbelsinnig uiteen. Die voorsitter van die OVK, Mosotho Moepya, het politieke leiers en kandidate versoek om joernaliste te beskerm en hulself te weerhou van enige teistering of dreigemente teen die media; fisies van aard by verkiesingsbyeenkomste of digitaal aanlyn. Hy sê joernaliste mag nooit by politieke byeenkomste uitgesonder word op maniere wat skadelike gedrag kan uitlok nie.