# Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra die Parlement om beheer te verskerp oor ministers se voordele. OUTA wil hê alle veranderings aan byvoordele moet hersien, bereken en openbaar gemaak word. Dit volg ná ‘n voorlegging wat die Wysigingswetsontwerp op die Vergoeding van Openbare Ampsdraers steun, om te keer dat byvoordele toegestaan word sonder behoorlike toesig. Stefanie Fick van OUTA sê die huidige stelsel laat ministers toe om voordele soos gratis water en elektrisiteit te ontvang sonder openbare of parlementêre insae:
OUTA vra ministeriële voordele wat nie deursigtig is nie moet onregmatig verklaar word [KLANK]
AFR FickOnControl