# Die Organisasie teen Belastingmisbruik doen ‘n beroep op die minister van Toerisme, Patricia de Lille, om die Suid-Afrikaanse Toerismeraad te ondersteun na die skorsing van die uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe. Die volg nadat forensiese verslae en verslae deur die ouditeur-generaal bestuursoortredings gevind het met ‘n vier-miljoen-rand betaling aan ‘n diensverskaffer vir die mislukte Dubai-ekspo tydens die Covid-19 pandemie. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage moedig De Lille aan om dringend ‘n nuwe voorsitter aan te stel om aanspreeklikheid te verseker en die belastingbetaler se geld te beskerm.
OUTA vra minister de Lille om sonder versuim nuwe SA Toerisme-hoof aan te stel