Skip to content

OUTA vier oorwinning vir inwoners van Johannesburg nadat stad verordeningsfooie vir waarnemingskameras skrap [KLANK]

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom die Stad Johannesburg se besluit om sy omstrede verordening op privaat kringtelevisiestelsels te heroorweeg. Die verordening sou eienaars van eiendomme met privaat kameras gedwing het om jaarlikse fooie te betaal en toegang tot beeldmateriaal te verskaf. Die organisasie en die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging het regstappe gedoen en aangevoer die wet skend inwoners se regte. OUTA se woordvoerder, Stefanie Fick, vra die stad om eerder te fokus op die herstel van dienste soos water en slaggate en nie onnodige fooie te hef nie:

AFR FickOnByLaws