# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê die skorsing van die uitvoerende hoof van die Versekeringsektor Onderwys- en Opleidingsowerheid, Gugu Mkhize, behoort ‘n wyer ondersoek na beheer, verkryging en finansiële bestuur by die instelling tot gevolg te hê. Die organisasie het bevestig die skorsing volg na langdurige kommer oor deursigtigheid en aanspreeklikheid, insluitend vyf agtereenvolgende gekwalifiseerde oudituitkomste gedurende haar ampstermyn. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê INSETA, wat miljarde in vaardigheidsheffings bestuur, moet aan ‘n volledige forensiese ondersoek onderwerp word:
OUTA verwelkom skorsing van INSETA hoof, vra volledige forensiese ondersoek [KLANK]
ENG DuvenageOnCeoSuspension