Skip to content

OUTA verwelkom ontbinding van Padongelukkefonds-raad as deel van vervoersektor-skommelinge

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, sê die besluit om die raad van die Padongelukkefonds te ontbind, stuur ‘n sterk boodskap dat swak bestuur en swak uitvoerende toesig nie langer geduld sal word nie. Dit volg nadat minister van Vervoer, Barbara Creecy, die raad ontbind het oor bestuursmislukkings insluitende die wanbestuur van die geskorste uitvoerende hoof, Collins Letsoalo. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê dit is ‘n keerpunt om verantwoordbaarheid regdeur die Departement van Vervoer te herstel.