# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, doen ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, om etiese en gekwalifiseerde leiers aan te stel om die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede te lei. Dit volg nadat die nominasieproses heropen is as gevolg van kommer oor polities-verbonde individue wat op die kortlys geplaas is, insluitend Buyambo Mantashe, die seun van die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe. Rudie Heyneke van OUTA glo nuwe leierskap is noodsaaklik om aanspreeklikheid te herstel en jare se korrupsie en finansiële wanbestuur op te ruim:
OUTA vereis deursigtige aanstellingsproses by SETA om kaping te verhoed [KLANK]
AFR HeynekeOnCapture