# Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku Suid-Afrikaners kan hoër maandelikse elektrisiteitsheffings betaal ingevolge die voorgestelde hersiene prysbeleid, al gebruik hulle minder krag. Die organisasie is bekommerd hoër vaste heffings en voorgestelde tydgebaseerde tariewe kan huishoudings met sonkrag straf. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die konsepbeleid fokus te veel op die beskerming van Eskom en ander kragverskaffers se inkomste en moet eerder elektrisiteit bekostigbaar hou en mededinging aanmoedig.
OUTA sê nuwe elektrisiteitsbeleid bevoordeel verskaffers ten koste van verbruikers