# Die organisasie teen belastingmisbruik moedig die nuwe minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, aan om dringend die korrupsie binne die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid aan te spreek. Die organisasie is bekommerd Manamela se lang geskiedenis in die departement sal nie werklike veranderings bring nie. Stefanie Fick van OUTA sê miljarde gaan elke jaar verlore as gevolg van aanhoudende wanbestuur, met uitvoerende beamptes wat met korrupsie verbind word en steeds hulle posisies behou ten spyte van jare se ongunstige bevindinge:
OUTA moedig nuwe minister van Hoër Onderwys aan om teen SETA-korrupsie op te tree [KLANK]
AFR FickOnManamela