Skip to content

Oscar Mabuyane gaan ANC se Oos-Kaapse provinsiale taakspan lei

# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die Oos-Kaapse Provinsiale Taakspan aangekondig met Oscar Mabuyane as leier. Die nuwe span se taak is om die provinsie in die komende plaaslike regeringverkiesing na ‘n beslissende oorwinning te lei. Die adjunk-leier is Mlungisi Mvoko. Helen Sauls-August is die koördineerder met Nanziwe Rulashe as haar adjunk en die provinsiale fondsinsamelaar is Zolile Williams. Mbalula sê die nuwe taakspan is oorgehaal vir sy taak.