Skip to content

Oscar-bekroonde ster Diane Keaton sterf op 79

# Die Oscar-bekroonde ster Diane Keaton is op 79-jarige ouderdom oorlede. Keaton is in Los Angeles gebore en het in die 1970’s roem verwerf met haar rol as Kay Adams-Corleone in The Godfather-films. Sy was ook bekend vir hoofrolle in rolprente soos Father of the Bride, First Wives Club en Annie Hall, wat haar in 1978 die Oscar vir Beste Aktrise besorg het. Keaton was in haar filmrolle en in haar persoonlike lewe bekend vir haar unieke styl, en het dikwels mansklere en ‘n wyerandhoed gedra.