Skip to content

Oorskot van voormalige president Edgar Lungu na Zambië repatrieer

# Die oorskot van die voormalige Zambiese president Edgar Chagwa Lungu, wat op 5 Junie in Pretoria dood is, word vandag gerepatrieer. ‘n Familievete met president Hakainde Hichilema het die proses vertraag, met Lungu wat na bewering opdrag gegee het dat Hichilema nie naby sy liggaam mag kom nie. Die twee was baie lank politieke teenstanders. Zambië se kabinetsekretaris, Patrick Kangwa, het bevestig dat Lungu se liggaam na sy aankoms by die Kenneth Kaunda Internasionale Lughawe by sy privaat woning in staatsie sal lê, voor openbare besigtiging van môre tot Saterdag by die Mulungushi Internasionale Konferensiesentrum.