# Een van Amerika se gewildste reisbestemmings, die Orlando-lughawe, was op die punt om alle landings te kanselleer nadat die sluiting van die regering ‘n geskarrel vir lugverkeersbeheerders veroorsaak het. Inkomende en uitgaande vlugte uit die tuiste van Disney World en Universal Studios is met tot soveel as 90 minute vertraag. Die vlugopsporingswebwerf, FlightAware, sê net op Donderdag is byna ses-duisend vlugte vertraag en een-duisend-100 landwyd gekanselleer. Die sluiting het op 1 Oktober begin en sedertdien werk meer as 13-duisend lugverkeersbeheerders sonder betaling, met van hulle wat ‘n tweede werk moet doen om kop bo water te hou.
Orlando-lughawe moes byna alle landing kanselleer weens sluiting van Amerikaanse regering