# Die organiseerders van die protesoptog teen onwettige immigrante eis dringende vergaderings met die regering en die polisie om hul planne vir ‘n landwye betoging op 30 Junie te bespreek. Die hooforganiseerder van die optrede, Phakamile Ndabandaba, sê hulle het nog nie finaal besluit wat hulle dié dag gaan doen nie. Hy sê die optog is egter gemik teen die teenwoordigheid van ongedokumenteerde buitelanders in Suid-Afrika wat volgens hulle die land einde vandeesmaand moet verlaat. Ndabandaba het aan News24 gesê hulle is verheug om te sien ander Afrika-lande het reeds planne begin maak om hul burgers terug te laat gaan na hul vaderland.
Organiseerders van betogings teen ongedokumenteerde buitelanders eis vergadering met regering oor beoogde landwye protesoptrede