Skip to content

Organisasie vra verstewiging van oorgrens-koördinering om Ebola-uitbreking te bekamp

# Die Internasionale Organisasie vir Migrasie waarsku dat grenssluitings weens die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda mense kan aanmoedig om grense oor te steek wat minder streng gemonitor word. Meer as 600 vermeende Ebola-gevalle en meer as 300 sterftes is aangemeld. Die organisasie sê reaktiewe grenssluitings kan die sigbaarheid van bevolkings-bewegings verminder, wat gesondheidsondersoeke, toesig, kontakopsporing en vroeë opsporings-pogings ondermyn. Hy sê die doeltreffendste reaksie is gekoördineerde optrede wat bewegings sigbaar, veilig en gemonitor hou.