Skip to content

Organisasie sê skepe wat deur die Seestraat van Hormoes vaar, behoort nie tolgeld te betaal nie

# Die Internasionale Maritieme Organisasie sê skepe wat deur die Seestraat van Hormoes vaar, behoort nie verpligte tolgeld te betaal nie. President Donald Trump het gesê die Amerikaanse Weermag gaan skeepsverkeer beskerm, maar eis Amerika moet vergoed word met 20-persent van die waarde van alle vrag. Iran het tolheffings in die seestraat geëis, maar ingestem om dit vir 60 dae te staak ingevolge die tussentydse ooreenkoms met Amerika. Die organisasie sê daar is geen regsbasis om verpligte tolgeld in te stel om deur die seestraat te vaar nie.