# Opruimingswerk is tans aan die gang nadat ‘n vragmotor in Knysna gebots en omgeslaan het. Van die wrakstukke is reeds verwyder, maar die hele proses sal na verwagting ‘n geruime tyd duur. Motoriste word dus aangeraai om versigtig en geduldig te wees op die betrokke deel van die N2. ‘n Stop-en-ry verkeersbeheerstelsel is tans in plek terwyl die sleepmaatskappy met die opruiming voortgaan.
Opruiming onderweg na vragmotor in Knysna bots en omslaan