# Die Madlanga-kommissie het gehoor ondersoeke na moorde deur polisietaakspanne weerspreek soms bewerings dat verdagtes eerste geskiet het. Die adjunkdirekteur van Ondersoeke in die KwaZulu-Natalse Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, sê ondersoekers het herskeppings van misdaadtonele gevind wat toon verdagtes wat dood is, het nie op polisielede losgebrand nie. John onthul oor ‘n tydperk van drie jaar is 149 mense dood in 77 gevalle waarby KZN-taakspanne betrokke was:
OPOD sê bewyse weerspreek polisie-bewerings in KZN-moorde [KLANK]
ENG-JohnOnPoliceShooting