# Opkikkerspele: Die Griekse swemmer Kristian Gkolomeev het die enigste wêreldrekord oortref op die eerste Opkikkerspele in Las Vegas. Hy het die 50-meter-vryslag in 20,81 sekondes voltooi, maar dit sal nie in die rekordboeke opgeteken word nie want die Spele laat die gebruik van opkikkers toe wat in hoofstroom-sport verbied word. Die Australiër Cameron McEvoy het die bestaande wêreldrekord van 20,88-sekondes in Maart opgestel op ‘n amptelike byeenkoms. Sowat 42 atlete het aan die Spele deelgeneem, met 91-persent van hulle wat testosteroon gebruik, en meer as 70-persent menslike groeihormone.
Opkikkerspele: Slegs een wêreldrekord oortref op die omstrede Spele