# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Potsdam-rioolwater-suiweringsprojek van R5,2-miljard nader voltooiing. Na die opgradering sal Potsdam se suiweringskapasiteit van 47-miljoen liter tot 100-miljoen liter afvalwater per dag gesuiwer kan word om in die behoeftes van die groeiende metro te voorsien. Die woordvoerder van die burgemeester, Lyndon Khan, sê die opgradering sal ook die gehalte van gesuiwerde afloopwater wat in die Dieprivier vrygestel word en die Milnertonstrandmeer voed, verbeter en die voorsiening van hoë gehalte behandelde afvloeiwater vir hergebruik vergroot:
Opgradering van Kaapstad se Potsdam rioolwater-suiweringsprojek van R5,2-miljard nader voltooiing [KLANK]
AFR KhanONCompletion