# Die Departement van Openbare Werke het vyf staatseiendomme aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Pretoria oorgedra. Dit is om die toenemende krisis van geslagsgeweld en vrouemoord in Suid-Afrika te hanteer waar daar ʼn al groter tekort aan skuilings vir slagoffers is. Die eiendomme sal ondersteuningsdienste uitbrei vir diegene wat geraak word deur mishandeling, en veilige ruimtes vir slagoffers bied. Die LUR Faith Mazibuko het tydens ʼn inligtingsessie gesê die skuilings sal van volgende maand af in bedryf wees:
Openbare Werke dra eiendomme oor om geslagsgeweldskuilings in Pretoria te ondersteun [KLANK]
ENG-MazibukoOnShelters