Skip to content

Openbare veiligheid in gevaar met meer as 18-duisend paroolgangers wat binne drie jaar weer oortree

# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, waarsku teen die toestaan van parool net om die oorbevolking in tronke te verminder. Hy het op ‘n vraag in die Parlement geantwoord dat meer as 18-duisend paroolgangers die afgelope drie jaar weer oortree het, insluitend 493 wat van moord aangekla word en 624 van verkragting. Diefstal en huisbrake is die algemeenste oortredings. Meer as 46-duisend gevangenes is sedert 2022 op parool vrygelaat, en meer as 28-duisend parooloortredings is sedert 2020 aangeteken. Groenewald vra ernstige paroolhervorming ter wille van openbare veiligheid.