# Die energiereguleerder Nersa het belanghebbendes versoek om deel te neem aan ‘n openbare sitting oor die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika se aansoek om ‘n markoperateurslisensie. Die reguleerder sê die lisensie is ‘n kritieke stap in die rigting van die skep van ‘n mededingende elektrisiteitsmark in Suid-Afrika. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die sitting sal op 30 September virtueel en regstreeks aanlyn plaasvind, wat belanghebbendes die kans gee om mondelinge voorleggings te doen voor ‘n finale besluit geneem word.
Openbare sitting vir Nasionale Transmissiemaatskappy se aansoek om SA se kraghandelsplatform te bedryf