# Die Stad Kaapstad sê ’n roetinepatrollie in Houtbaai en Wynberg het tot ’n groot vonds gelei. Beamptes het ’n verdagte met nagenoeg een-duisend-850 Weskus-kreefsterte en kontant in hegtenis geneem. Die verdagte is aanvanklik voorgekeer omdat hy alkohol in die openbaar gedrink het. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die inhegtenisneming vorm deel van meer as 400 handhawingsaksies wat die afgelope week uitgevoer is, insluitend vuurwapenherwinnings in Delft en Dieprivier.
Openbare drinkvoorval lei tot groot kreefbeslaglegging in Kaapstad