# Tien mense is dood na ‘n skietery by ‘n hoërskool in die Oostenrykse stad Graz. Die minister van Binnelandse Sake het bevestig nege mense is in die aanval dood en 12 is beseer. Ses van die slagoffers was vroue en drie was mans. Die vermeende aanvaller was ‘n 21-jarige Oostenrykse man uit die Graz-omgewing. Plaaslike polisie sê hy was ‘n voormalige leerder van die skool en het homself in ‘n badkamer by die skool om die lewe gebring. Die Oostenrykse kanselier, Christian Stocker het die skietery ‘n nasionale tragedie genoem en drie dae van rou in die land afgekondig.
Oostenrykse skoolskieter was 21-jarige oud-leerder