Skip to content

Oos-Kaapse vloed-dodetal styg tot 88

# Die Oos-Kaapse provinsiale regering het bevestig dat die dodetal na die onlangse oorstromings tot 88 gestyg het, insluitend ‘n tienjarige meisie van Libode. Nadoodse ondersoeke is voltooi, met 83 liggame wat positief geïdentifiseer is en 56 wat reeds aan families vrygestel is. Vyf is nog nie geïdentifiseer nie. Die provinsiale regering sê owerhede werk steeds nou saam met families wat berading en geestelike ondersteuning benodig, met die hulp van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. Intussen word herstelpogings regoor die provinsie verskerp om die wydverspreide vloedskade te hanteer.