# Die Oos-Kaapse Vervoerdepartement het ʼn senior beampte voorlopig geskors na ʼn ondersoek na ʼn vermoedelik onregmatige aanstelling. Die betrokke persoon is Phelisile Melane, wat aangestel is as Adjunkdirekteur: Werknemerverhoudings. ʼn Onafhanklike feitesending het die werwingsproses, kwalifikasies tydens die aanstelling en voorleggings van betrokkenes ondersoek. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê Melane sal voor ʼn tugverhoor verskyn:
Oos-Kaapse Vervoerdepartement reageer op ondersoek na beweerde onregmatige aanstelling [KLANK]
ENG BinqoseONAppointment